‘n Kort Inleiding tot Essensiële Plantvoedingstowwe: Deel 3

Sommige faktore wat die beskikbaarheid van voedingstowwe beïnvloed

Grond

In die algemeen groei die meeste plante deur voedingstowwe uit die grond op te neem. Hul vermoë om dit te doen hang af van die aard van die grond. Afhangend van die ligging, bevat die grond ‘n kombinasie van sand, slik, klei en organiese materiaal (Figuur 1). Die samestelling van ‘n grond (grondtekstuur) en die suurheid daarvan (pH) bepaal die mate waarin voedingstowwe vir plante beskikbaar is. Grond moet ten minste elke 3de jaar getoets word om te verseker dat voedingstowwe in balans is en dat die pH van die grond steeds in die regte spektrum is vir die gewas wat verbou word.

Grondtekstuur (die hoeveelhied sand, slik klei en organise material in die grond)

Grondtekstuur beïnvloed hoe goed voedingstowwe en water in die grond gehou word. Klei en organiese gronde behou voedingstowwe en water baie beter as sanderige gronde. Terwyl water uit sanderige gronde dreineer, dra dit dikwels voedingstowwe saam. Hierdie toestand word loging genoem. Wanneer voedingstowwe uit die grond loog, is dit nie beskikbaar vir plante om te gebruik nie. Daarom is die gebruik van kunsmis met verhoogde effektiwiteit so belangrik. COMPO EXPERT se reeks nitrifikasie inhiberende en gekontroleerde vrystelende kunsmis is ’n baie goeie voorbeeld hiervan.

Grond pH (‘n maatstaf van die suurheid of alkaliniteit van die grond)

Grond pH is een van die belangrikste grondeienskappe wat die beskikbaarheid van voedingstowwe beïnvloed (Figuur 2).

  • Makronutriënte is gewoonlik minder beskikbaar in gronde met ‘n lae pH.
    • Mikrovoedingstowwe is gewoonlik minder beskikbaar in gronde met ‘n hoë pH.

Kalk word by die grond gevoeg om dit minder suur te maak (dit verskaf ook kalsium en magnesium vir plante om te gebruik) en verhoog die pH tot die gewenste reeks van 6,0 tot 6,5. In hierdie pH-reeks is voedingstowwe meer geredelik beskikbaar vir plante, en mikrobiese populasies in die grond neem toe. Mikrobes skakel verskillende elemente om in vorms wat plante kan gebruik.

Voedingstof Wanbalanse

‘n Groot verskeidenheid probleme kan plantgroei en gesondheid beïnvloed. Oormatige voedingsstowwe in die grond lei tot toksisiteit, of ‘n tekort aan voedingstowwe in die grond lei tot tekorte by plante. Die verband tussen voedingspeil in die grond en die voedingspeil van die plant is kompleks. Die vermoë van ‘n plant om enige gegewe voedingstof op te neem, word beïnvloed deur pH, temperatuur en vog, sowel as die hoeveelheid ander voedingstowwe in die grond. Om hierdie rede is dit belangrik om simptome van tekorte en toksisiteit korrek te diagnoseer voordat u regstellende stappe neem, anders loop u die risiko om net een probleem op te los om ‘n ander probleem te skep 
(sien https://plantprobs.net/plant/nutrientIbalances/1%20NutrientDeficiencyAndToxicity.html) .

Figuur 3 hieronder (bekend as ‘n Mulder se Grafiek) vertoon die verskillende interaksies tussen die voedingstelsel van die plant-grond.

Antagonisme: As een voedingstof op ‘n te hoë vlak in die grond is, kan dit die beskikbaarheid en die opname van ander voedingstowwe belemmer, soos in die diagram getoon. Byvoorbeeld, hoë stikstofvlakke kan die beskikbaarheid van boor, kalium en koper verminder; hoë fosfaatvlakke kan die opname van yster, kalsium, kalium, koper en sink beïnvloed; hoë kaliumvlakke kan die beskikbaarheid van magnesium verminder. Dit is dus belangrik om te onthou dat te hoë vlakke van die groot drie elemente (stikstof, fosfaat en kalium) plant tekorte van ander noodsaaklike elemente kan veroorsaak.

Ons verhoogde doeltreffendheid kunsmisstowwe, van nitrifikasie-inhibeerders tot kunsmis met beheerde vrystelling, is ontwerp om die voedingsbalans te handhaaf en te verseker dat die toegepaste voedingstowwe nie verlore gaan nie, maar deur die gewas benut word.

Contact Us:

Contact us to assist you in selecting the correct nutrients for your specific crop and environment.

COMPO EXPERT South Africa

Leave a Reply

Your email address will not be published.