‘n Kort Inleiding tot Essensiële Plantvoedingstowwe: Deel 1

Gewasse het ‘n biologiese potensiële opbrengs wat bereik kan word as alle ander potensiële opbrengsbeperkende faktore verwyder word. Ongelukkig is daar altyd ‘n opbrengsbeperkende faktor. Hierdie faktore sluit o.a. in:

  • Droogte
  • Te veel hitte
  • Te veel koue
  • Nie genoeg voedingstowwe nie
  • Peste en plae, ens.

Om die hoogste opbrengste te behaal, poog ons om hierdie opbrengsbeperkende faktore te bestuur. Wanneer ons voedingstowwe aan die plant voorsien, bou die plant hierdie voedingstowwe in die struktuur. As ons die gewas oes (vrugte, graan of die hele plant), verwyder ons hierdie voedingstowwe uit die voedingssiklus op die land. Daarom moet ons die voedingstowwe wat verwyder word, aanvul. Sonder kunsmis sukkel die natuur om die voedingstowwe in die grond aan te vul.

Die volgende tabel toon hoeveel voedingstowwe uit verskillende gewasse verwyder word:

Watter voedingstowwe dan?

Plante kan hul eie voedsel maak deur die energie uit sonlig op te neem om koolstofdioksied en water in suikers om te skakel. Maar om gesond te bly en blomme en vrugte te dra en die bogenoemde proses aan die gang te hou, neem hulle ekstra voedingstowwe uit die grond uit. Huidiglik is daar sewentien chemiese elemente belangrik vir die groei en oorlewing van ‘n plant.

Die 17 chemiese elemente word in twee hoofgroepe verdeel: nie-minerale en minerale voedingstowwe. 

Die nie-minerale voedingstowwe is waterstof (H), suurstof (O) en koolstof (C) wat in die lug en water aangetref word. Deur fotosintese, gebruik plante die energie van die son om koolstofdioksied (CO2 – koolstof en suurstof) en water (H2O – waterstof en suurstof) in stysel en suikers te verander. Hierdie stysel en suikers is die voedsel vir die plant (en natuurlik ook voedsel vir mens en dier).

Aangesien plante koolstof, waterstof en suurstof uit die lug en water kry, is daar min wat boere kan doen om te bepaal hoeveel van hierdie voedingstowwe ‘n plant kan gebruik.

Minerale Voedingstowwe

Die 14 minerale voedingstowwe, wat uit die grond kom, word in water opgelos en deur die wortels van ‘n plant opgeneem. Daar is nie altyd genoeg van hierdie voedingstowwe in die grond vir ‘n plant om te kan leef en ‘n oes produseer nie. Dit is waarom boere kunsmisstowwe gebruik om voedingstowwe in die grond aan te vul.

Die minerale voedingstowwe word in twee groepe verdeel:

Makrovoedingstowwe en mikrovoedingstowwe (ook spoorelemente genoem). Hierdie terme is nie gebaseer op die belangrikheid van die voedingstowwe nie, maar eerder op die hoeveelheid van die voedingstowwe wat die plant benodig. Makronutriënte is in baie groter hoeveelhede nodig as mikrovoedingstowwe.

Makrovoedingstowwe

Makronutriënte kan in nog twee groepe verdeel word:

Primêre en sekondêre voedingstowwe

Die primêre voedingstowwe is stikstof (N), fosfaat (P) en kalium (K). Die belangrikste voedingstowwe ontbreek gewoonlik eers uit die grond omdat plante groot hoeveelhede gebruik om te groei en te oorleef.

Die sekondêre voedingstowwe is kalsium (Ca), magnesium (Mg) en swael (S). Die voedingstowwe word om spesifieke tye tydens die plant se siklus toegedien. Daarbenewens word gewoonlik voldoende hoeveelhede kalsium en magnesium bygevoeg wanneer kalk op suurgronde toegedien word. Swael kan in voldoende hoeveelhede gevind word vanweë die stadige afbreek van organiese materiaal, maar word dikwels verwaarloos en dit kan ‘n groot invloed hê op die gewas se gehalte.

Mikrovoedingstowwe

Plante benodig mikrovoedingstowwe in baie klein (mikro) hoeveelhede, maar dit is steeds noodsaaklik vir plantgesondheid en groei. Die mikrovoedingstowwe is boor (B), koper (Cu), yster (Fe), chloried (Cl), mangaan (Mn), molibdeen (Mo), sink (Zn) en nikkel (Ni).

COMPO EXPERT het ‘n volledige reeks voedingsprodukte met beter doeltreffendheid om plante te voorsien in elke ontwikkelingsfase.

Contact Us:

Contact us to assist you in selecting the correct nutrients for your specific crop and environment.

COMPO EXPERT South Africa

Leave a Reply

Your email address will not be published.