Maak Jou Water Natter!

Het jy al ooit ervaar dat water net op die grond poel, of afloop sodra jy water gee, of die ergste is as dit lyk of die water infiltreer, maar sodra jy grou is die grond kukrdroog?

Hidrofobiese (waterafstotende) gronde word veroorsaak wanneer hidrofobiese lagies, vervaardig uit plantwas en ander produkte uit die natuurlike proses van biologiese afbreek van plante, rondom individuele sandkorrels vorm. Hierdie wasagtige lagies stoot water effektief uit die grond en beperk die beskikbaarheid van water tot die gewas. Hidrofobiese gronde is meer wydverspreid as wat voorheen gedink is en is in baie grondtipes geïdentifiseer onder ‘n wye verskeidenheid klimaatstoestande wêreldwyd.

Hidrofobiese grond voorkom normale infiltrasie van water, wat óf op die oppervlak poel en verdamp, of beweeg deur voorkeur roetes, wat groot hoeveelhede grond droog laat. Die afstoot van grondwater veroorsaak suboptimale groeitoestande en verhoogde besproeiingsbehoeftes. Gevolge van grondwaterafstoting sluit in verlies aan benatbaarheid, verhoogde afloop en voorkeurvloei, verminderde toegang tot water vir plante, verminderde besproeiingsdoeltreffendheid, verhoogde behoefte aan water en ander insette, en ‘n groter potensiaal vir besoedeling van hulpbronne (erosie). Navorsing dui aan dat grondbenatters gebruik kan word om hidrofobiese gronde te bestuur. Gevolglik word die plantegroei-omgewing ook verbeter en beduidende waterbesparing is moontlik.

[1] https://www.csiro.au/en/Research/AF/Areas/Sustainable-farming-systems/Soil-water-landscape/Water-repellent-soils

[1] From: Moore et al., 2010. THE EFFECT OF SOIL SURFACTANTS ON SOIL HYDROLOGICAL BEHAVIOR, THE PLANT GROWTH ENVIRONMENT, IRRIGATION EFFICIENCY AND WATER CONSERVATION. In: J. Hydrol. Hydromech., 58, 2010, 3, 142–148 DOI: 10.2478/v10098-010-0013-1

Kamasol® Aqua

Gekonsentreerde Vloeibare benatter

Enige suksesvolle gewas bestuursplan sluit die beheer van vog in die wortelsone in. Daar is verskillende opsies om die vog van die wortelsone te handhaaf en te verbeter. Van bewerkingspraktyke, deklaag toepassing, toename in die organiese inhoud van die grond en besproeiingsbestuur. ‘n Opsie wat dikwels misgekyk word, is die gebruik van benattingsmiddels (grond benatters) soos Kamasol® Aqua van COMPO EXPERT®.

KAMASOL® AQUA is ’n hoogs effektiewe, gekonsentreerde benattingsmiddel wat die infiltrasie, waterretensie en die algemen benaating van die grond verbeter, wat die grondvogprofiel bevoordeel.

KAMASOL® AQUA versprei die kragte van water op die grond en bevoordeel die beskikbaarheid van water, suurstof en voedingstowwe in die wortelsone, wat die positiewe uitwerking op die hele plant-grond-water-interaksie verhoog.

Figuur 2 Prestasie van benattingsmiddels: 500 ml oplossing word 2 keer op ‘n 550g kokosvesel-turf skyf toegedien teen ‘n dosis van 2l /10m3. Produk 4 het ‘n hoër dosis (4l /10m3) gehad. Duidelik is alle benattingsmiddels nie dieselfde nie!

Die effek van Kamasol® Aqua op die grond

  • Verhoog die waterinfiltrasie en die sywaartse verspreiding daarvan in die grond.
  • Verminder waterverliese deur afloop en swak infiltrasie.
  • Dit bevoordeel wortelontwikkeling om die “pot” effek te verminder.
  • Verhoogde voedingstof assimilasie: minder loging, meer oplosbaarheid.
  • Dit kan tot tussen 15-30% vermindering in besproeiing in beheerde besproeiingstrategieë. 
  • Dit verminder droogte frekwensies tussen reënbuie as dit voor reën toegedien word.
  • Dit breek hidrofobiese lae sowel as oppervlakkors.

Hieronder volg ‘n paar punte oor hoe en wanneer Kamsaol® Aqua geïmplementeer moet word.

  1. Wat is die probleem?

Talle faktore kan waterstres by plante veroorsaak. Hierdie faktore kan besproeiingsdoeltreffendheid, verdigting, grondtekstuur en -struktuur, grondoppervlak-eienskappe, ens. insluit. As u die verskillende potensiële faktore ken, sal dit die effektiewe bestuur van grondvog help. ‘n Grondbenattingsmiddel is slegs een van die verskillende instrumente wat ‘n boer kan gebruik vir die bestuur van grondvog. ‘n Benattingsmiddel is die doeltreffendste instrument waar grondoppervlak-eienskappe waterafstootlikheid en voortydige afloop toon.

  1. Besproeiingsbestuursplan.

An affective irrigation management plan, including soil moisture probes is the first step in effective soil moisture management. Such a plan should take into consideration the different areas and soil types on the farm, the different crops and seasons. This will assist the farmer in using only the water needed for the crop. Nothing less, nothing more. The soil moisture probes will show areas where water repellence are prevalent, which can then be addressed with the wetting agent.

‘n Effektiewe besproeiingsbestuurplan, insluitend grondvogsensors, is die eerste stap in effektiewe bestuur van grondvog. By so ‘n plan moet die verskillende gebiede en grondtipes op die plaas, die verskillende gewasse en seisoene in ag geneem word. Dit sal die boer help om slegs die water wat nodig is vir die gewas te gebruik. Niks minder nie, niks meer nie. Die vog probleme van die grond sal gebiede toon waar hidrofobie voorkom, wat dan met die benattingsmiddel aangespreek kan word

  • Toedieningsmetode

Om die toedieningskostes te bespaar, verkies die meeste boere om meer as een produk op ‘n slag toe te dien deur middel van hul talle toedieningsmetodes. Verseker dat etiketaanbevelings gevolg word en dat die verskillende produkte gelyktydig toegepas kan word. As u onseker is, toets dit op ‘n klein area, of kontak ‘n tegniese verteenwoordiger.

Contact Us:

Contact us to assist you in selecting the correct nutrients for your specific crop and environment.

COMPO EXPERT South Africa

Leave a Reply

Your email address will not be published.