COMPO EXPERT

Wêreldwye Verspreiding

COMPO EXPERT GmbH met sy hoofkantoor in Münster / Westphalia is ‘n internasionale maatskappy met 21 verkoopskantore in Europa, Noord- en Suid-Amerika, sowel as in Asië en Suid-Afrika.

Die maatskappy vervaardig kunsmisstowwe en biostimulante van hoë gehalte in sy twee eie kunsmisaanlegte in Krefeld (Duitsland) en La Vall d’Uixó (Spanje), en bied die professionele verbruiker veilige oplossings op die gebiede van vrugte, groente, veldgewasse, gras en openbare groen areas sowel as kwekerye en ornamentele gewasse.

Ons innoverende produkreeks sluit in minerale en gestabiliseerde kunsmisstowwe, kunsmis met ‘n stadige en beheerde vrystelling, wateroplosbare en vloeibare kunsmisstowwe, sowel as biostimulante, spoorelemente en grondversorgers. Met hierdie produkreeks beklee COMPO EXPERT ‘n toonaangewende markposisie.

Die maatskappy het tans ongeveer 700 werknemers wêreldwyd.

COMPO EXPERT is ‘n filiaal van Grupa Azoty S.A., met byna 15 000 werknemers; dit is die grootste chemiese onderneming in Pole en die tweede grootste produsent van stikstof en komplekse kunsmisstowwe in die Europese Unie. www.grupaazoty.com

COMPO EXPERT Suid Afrika

Nasionale Verspreiding

Ons hoof pakhuis is in Wellington, in die Wes-Kaap. Ons het tans verspreiders regoor die land, hoofsaaklik in die bosbou, vrugte, groente en kwekerye. Om die verspreider naaste aan u te vind, skakel ons gerus of stuur ons ‘n e-pos.

COMPO EXPERT Suid Afrika

Verspreiding in Afrika

Ons voetspoor is tans baie klein in Afrika, maar ons beplan om in die nabye toekoms na Afrika uit te brei. Suid- en Oos-Afrika (geel) sal vanaf Suid-Afrika bedien word, en Oos- en Noord-Afrika (groen en pienk) sal direk vanaf Spanje  bedien word.

Contact Us:

Contact us to assist you in selecting the correct nutrients for your specific crop and environment.

COMPO EXPERT South Africa

Leave a Reply

Your email address will not be published.